Ek is nie normaalweg die tipe persoon wat iets te sê het oor goeie of slegte diens nie, maar na die diens wat ek gister gekry het voel ek dat krediet gegee word aan die mense by die Vodacom4u winkel waar ek gister gegaan het om my selfoon kontrak te opgradeer.
Dit was ‘n normale opgradering, behalwe dat die foon wat ek wou hê nie saam met my kontrak gekom het nie en ek ekstra moet bybetaal het. (Geen probleme hiermee nie, ek het voor die tyd al hiervan geweet en het verwag dat ek eers my nuwe selfoon in ‘n paar dae sal kan kry).
So hier is wat gebeur het… (en die hele proses het nie langer as 10 minute geneem nie)
Ek het ingestap, gesê ek wil opgradeer, die konsultant het my nommer en my ID dokument gevra, al sy papierwerk gedoen en my selfoon vir my gaan uithaal.
10 Minute later het ek my selfoon gahad en my nuwe kontrak.
Dankie vir uitstekende diens Vodacom