Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir June, 2008

Afrikaans

Rian Swanepoel se Debuutalbum Verras!


Gerhard - Afrikaans, Musiek

AfrikaansRian Swanepoel (Top 10 Idols finalis in 2002) se debuutalbum, “Verf die classics rooi!”, is pas uitgereik en val die klem op die hoë kwaliteit produksie en ´n versameling van die mooiste liedjies wat ooit geskryf is. Die album bevat ‘n groot verskeidenheid klassieke-pop-treffers, onder andere “La fiamma sacra”, “Because we believe” (duet met Kevin Leo), “Nella fantasia”, wat uitstekend vertolk word deur Rian en die tenoor, Werner Brooks, “All I ask of you”, (duet met Sibongile Mngoma), “First of May” (duet met Rina Hugo), en “Barcelona” waarmee Rian en Kevin Leo die album op ‘n hoogtepunt afsluit.

Die album bevat ook pragballades, midtempo treffers en ‘n paar ritmeplukkers. Rian se vokaliteit word tot die uiterste getoets met ‘n splinternuwe verwerking van “You raise me up” en is dit hoendervelmooi. Tussen die luistergoed hierop is die snitte “I believe in you”, ‘n duet met Veronique Lalouette en die Gà? Korsten-treffers, “Lieflike droom” en “Lied van die lewe”. Die liedjie “Rooi” is ‘n verrassing op die album en bevat die lied vier verskillende musiekstyle en is dit ‘n kragtige liedjie waarmee die album begin.

Rian se veelsydigheid as kunstenaar en talentvolle musikant word op hierdie pragalbum beklemtoon. Dis passievolle luistermusiek!

Vir verdere navrae oor hierdie album en konsertbesprekings, kontak Carien Marais by 082 480 4866 of e-pos: lambisproductions@wbs.co.za. Besoek ook Rian Swanepoel se webwerf: www.rianswanepoel.co.za

Afrikaans

Philip de Villiers in Pretoria!


Gerhard - Afrikaans, Musiek

AfrikaansPhilip de Villiers doen ‘n optrede by die Huis vir Afrikaanse Poësie in Capital Park, Pretoria, volgende Saterdagaand 21 Junie om 19h00 en het jou ondersteuning nodig! Elrine Spies sal hom ondersteun met ‘n voorprogram, so kom sien sommer die bekwame diva-liedjieskrywer ook in aksie!

‘n Mengsel van pop, rock, jazz en selfs ‘n bietjie boeremusiek! Bekroonde Kaapse liedjieskrywer Philip de Villiers sing meestal oorspronklike werk, en begelei homself op klavier en trekklavier. Tussenin vertel hy skreeusnaakse stories van sy kindertyd. Met Graem Sacks op kitaar.

Bespreek by 0768429212 of info@hap.co.za. Gaste is welkom om hulle eie alkoholiese drinkgoed te bring.

Afrikaans

Klassieke Foto’s Vasgevang in LEGO


Gerhard - Algemene Geselskap, Interessanthede

AfrikaansToe ek hierdie skakel vandag sien toe dink ek vir myself dat daar geen manier is wat ek dit nie op Kuier.co.za gaan sit nie!

Wat die ouens en meisies by kox.sk gedoen het was om die klassieke foto’s wat ons ken en.. um ja ken (ek kan nie sê “en lief het” nie, daar is ‘n paar aaklige oomblike tussen in) te neem en te heskep met LEGO blokkies en mannetjies.

Ek van dink dit is nogal ‘n oorpronklike idee en amper kuns :)

http://www.kox.sk/?p=702



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans