Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir July, 2008

Afrikaans

Lirieke sonder brieke


Gerhard - Afrikaans, Musiek

AfrikaansDie Vivacious Voice ´Lirieke sonder brieke´ Nasionale Liriekskryfkompetisie is sopas geloods. Die kompetisie, met pryse van R33 000 op die spel, stel ten doel om die standaard van lirieke in Suid-Afrika te verbeter. Die wenner sal in September reis na Kaapstad om deel te neem aan ´n demo-opname-projek met vervaardiger Camillo Lombard (musiekregisseur van Liriekeraai op kykNET), wat oorsien sal word deur Universal Music Publishing Suid-Afrika. Die eerste prys, met ´n gesamentlike waarde van R25 000, sluit ook in drie nagte se luukse-hotelverblyf in die Moederstad, ´n fotosessie met ´n topfotograaf, musiektoerusting, ´n liedjie-slypskool, ´n sangkursus, musiekliteratuur en omvattende publisiteit in die Suid-Afrikaanse media.

Camillo Lombard vorm ook deel van die beoordelaarspaneel, wat ander groot rolspelers in die musiekbedryf insluit: Kobus Burger (gesoute musiekjoernalis by Beeld) beoordeel die Afrikaanse afdeling, Lee Kasumba (YFM en Channel O-aanbieder) beoordeel die hip hop en R & B-afdelings, Tshepo Mosese (SAMA-genomineerde Kwaito-ster en akteur, bekend vir sy rolle in sepies soos Backstage en Generations) beoordeel inskrywings in SeTswana en Sotho, Gcobani (SAMA-bekroonde Afropop-ster) beoordeel inskrywings in Xhosa en Zulu, John Fishlock (besturende direkteur van Universal Music Publishing Suid-Afrika) beoordeel lirieke vir kommersiële vatbaarheid, en Ryan Hill (kopiereg-bestuurder by Universal Music Publishing South Africa) fynkam inskrywings vir oorspronklikheid.

Die stigter van die kompetisie, liedjieskrywer en musiek-enterpreneur Philip de Villiers, sê “liriekskrywers moet leer om hulle verbeelding te gebruik. Internasionale skrywers soos Bob Dylan en Tim Rice weet hoe om goeie metafore te skryf en hulle rymwoordeboeke te gebruik.” De Villiers benadruk ook egter dat daar ´n verskil is tussen lirieke en poësie: “Poësie kan baie ingewikkeld en kripties raak, terwyl kommersieel-vatbare lirieke meer na ´n doodgewone gesprek moet klink.”

Vivacious Voice het ook die “Maak lawaai!” kompetisie aangebied in 2007. Dit het R10 000 prysgeld uitbetaal aan die Kaapse jazz-sangeres, Emily Bruce. Sy het die prysgeld gebruik om vir twee weke te reis deur Engeland, waar sy in Londen en Birmingham opgetree het.

Die kompetisie verwelkom inskrywings in enige genre of styl, mits dit geskryf is in een of ´n kombinasie van die elf amptelike landstale. Die inskrywinsfooi is R100, en die sluitingsdatum is op Vrydag 28 Augustus 2008. Vir ´n inskrywingsvorm, besoek www.songnursery.com of e-pos info@songnursery.com of sms jou e-pos adres na 0826211305.

Afrikaans

BEK-REK Live!


Gerhard - Afrikaans, Nuusagtig

AfrikaansBerei jouself voor vir ‘n Komediebredie met ons vars-uit-die-oond Afrikaanse Standup Komediante. Hulle gaan gek skeer, gehore laat skater en trane sal loop van die lag!

Bek Rek! bied ´n kans om ons mees prominente en opkomende grapjasse in skreeusnaakse vertonings te sien!

Met:

Brent Niemandt – Gasheer vir die aand, Met sy onnutsige verbeelding, groot mond en “tipiese kêrel” persoonlikheid, kry hy aanhangers staande met toejuiging, by elke opvoering.

Jaak Erasmus – ‘n Prontuit, reguit komediant wat dinge se soos dit is!

Regardt Laubscher – Komiese Kulkunstenaar wat jou sal betower met sy oorspronlikheid!

Dugald Pieterse – Wenner van die SBA/SON Kaapse Jokes Kompetisie. By elke opvoering het sy stories van alledaagse lewe in Bredaarsdorp verseker day hy ´n gunsteling by die gehoor is.

Kaartjies is maar net R30!

LET WEL: VOLWASSE VERMAAK!!!

http://www.facebook.com/group.php?gid=34163166968



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans