29
Jan
Ek is een van daardie mense wat mal is daaroor om die binnekant van gebou so eenvoudig as moontlik te hou.
Baie spasie, baie wit en baie baie eenvoudige ontwerpe… Ek besef ook dat almal nie dieselfde hieroor voel nie, maar vir my gaan dit oor die gevoel van vryheid wat ‘n eenvoudige omgewing vir jou kan verskaf.
Dit was terwyl ek rond gesoek het op die Internet na interessante ontwerp idees wat ek op die volgende blad vol deurskynende toerusting afgekom het.
Ek is mal hieroor.. veral die wasmasjien!
http://www.toxel.com/tech/2009/01/12/transparent…
deurskynend, toerusting, ontwerp, eenvoudig
22
Jan
Copter Crash is ‘n lekker manier om deur jou tee tyd te kom vandag. Wat dit so lekker maak is die feit dat dit so eenvoudig is om te speel.
Jy speel met jou muis. As jy die muis se knoppie in hou styg die helikopter en as jy die knoppie los val hy.. Die helikopter beweeg ook die heeltyd vorentoe…
So die punt van die speletjie is om so ver as moontlik te kom sonder om in iets vas te vlieg.
Die verste wat ek kon kom was 912. Skryf gerus onder menings hoe ver jy kon kom!
http://www.frigginrandom.com/games/copter-crash/
teetyd, pret, speletjie, copter
19
Jan
Nomfusi, die 23-jarige Afro-soul vonds van Khayelitsha, is een van vyf kunstenaars wat genooi is om op te tree by die Spier Harvest Festival Legends wat plaasvind by die Spier Amfiteater Vrydagaand 21 Februarie. Die ander vier kunstenaars is almal bekendes in die musiekwêreld: die koningin van afro-jazz Judith Sephuma, die vonkelende sopraan Zanne Stapelberg, jazz diva Melanie Scholtz en veteraan-rocker Koos Kombuis.
Elke kunstenaar sal twee nuut-georkestreerde nommers uitvoer met ‘n 40-stuk orkes, wat sal eindig met ´n groep-finale. Nomfusi gaan Uthando (”liefde” in Xhosa) sing, ‘n roerende ballade wat sy op 12-jarige ouderdom geskryf het vir haar oorlede ma, Kwazibani, wat tàè dood is aan VIGS. “Die verlies van my ma het my begrip gegee van wat liefde is en die tipe liefde wat ons by haar geleer het, en vir my was dit om myself so lief te hê dat geen situasie my kon vernietig nie, selfs nie haar dood nie.” Sy sal dit volg met ‘n opgewekte Miram Makeba-keurspel, waarmee sy hulde wil bring aan diè groot legende. Nomfusi sal ´n skepping dra van die ontwerpers Kluk CGDT, wie se ontwerpe al supersterre soos Charlize Theron en Beyoncè Knowles geklee het. Vir besprekings, skakel Computicket by 083 915 8000 of besoek www.computicket.co.za.
Vir meer inligting oor Nomfusi, besoek www.nomfusi.com.
02
Jan

Laat ek eers begin deur vir al die lesers van Kuier.co.za ‘n voorspoedige 2009 toe te wens. 2008 was ‘n interessante jaar met heeltemal te veel wat gebeur het en ons kan net hoop dat 2009 nog beter gaan wees.
Met die nuwe jaar het ook gereken dat dit hoog tyd is dat ons die nuwe afdeling op Kuier.co.za kan bekend stel. So hier is hy…
my.Kuier.co.za
Op my.Kuier.co.za sal jy die volgende kan doen:
- Jy kan jou eie Afrikaanse artikels skryf.
- Jy kan ander besoekers se artikels lees
- Jy kan ook direk met ander besoekers gesels op die forum
- Jy kan selfs ‘n profiel skep met jou foto
(Daar is ook nog planne vir meer funksionaliteit vir die toekoms)
En die beste gedeelte hiervan is dat dit heeltemal GRATIS is!
Teken nou aan!