‘n Man in China het gesterf nadat sy selfoon ontplof het. Die “ontploffing” het naby ‘n groot aar in sy nek plaasgevind en hy het basies dood gebloei voordat hy gehelp kon word.
Hy was blykbaar ‘n werknemer in ‘n rekenaar winkel in Guangzhou, China. Die selfoon het ontplof kort nadat hy ‘n nuwe battery in die selfoon gesit het. Die battery het ook blykbaar net net klaar gelaai en hy was besig om die selfoon in dy dak te sit.
Ander werknemers het gesê dat hulle net ‘n harde slag gehoor het en toe hulle gaan kyk wat aangaan het hulle die jong man op die grond gevind.
Die plaaslike regering (soos wat dit mos maar werk in China) het gesê dat die tipe battery baie onstabiel raak as dit aan hitte blootgestel word en ook as dit te lank op laai gelos word.
Dit maak mens ‘n bietjie skirikkerig om die selfoon te gebruik!
http://technology.timesonline.co.uk/tol/news…