Die Grosvenor Gastehuis
Ons het by die Grosvenor Gastehuis in Simon’s Town vir ‘n naweek gebly. Die Grosvenor het twee huise wat vir hulle beskikbaar is, waarvan een op die hoofpad geleë is in Simon’s Town, die ander een is net agter hom. Die huise is in ‘n viktoriaanse styl geontwerp aan die binnekant, as ek een klagte daaroor mag hê sou ek sê die gordyne was dark nie heeltemal in my smaak nie. Sodra jy verby dit kyk is die huise lekker warm en snoesig. Die een waarin ons gebly het (die agsterste een van die twee) het ‘n fantastiese uitsig gehad met houd vloere deur die hele huis. Die eienaar was friendelik genoeg om ons alleen in die huis in te boek aangesien die ander kamer nie gebespreek was nie. Dit was die perfekte romantiese wegkomkans vir ons sowel as ‘n verjaarsdag geskenk aan my verloofde.
Hulle het ‘n tee/koffie rak in die kombuis wat jy mag gebruik sowel as ‘n aanmeld-en-betaal kroeg. Hulle tariewe is op die oomblik R270pp en sluit ‘n ontbeid in.
Ons was veronderstel om ‘n picnic op die strand te hê met ons aankoms, maar het die huis so mooi gevind dat ons besluit het om die picnic op die balkon te hou, watons baie geniet het. Ek het my eie picnic mandjie gepak. Op die webwerf sê die gastehuis dat hulle dit ook vir jou kan doen, maar hierdie diens was gekanseleer as gevolg van te min belangstelling.
Ek het ook besluit om voordeel te vat van die “nabye” perdry geriewe waarvan daar melding gemaak word op hul webwerf. Ons het het besprekings gemaak by ‘n plek met die naam “Sleepy Hollow”. Ek voel net ek moet sê dat dit glad nie naby is nie, Jy sal beslis ‘n motor nodig he om daar te kom van Simon’s Town af. Dit is omtrent 15km weg van Noordhoek af. Die perdry geriewe is R300pp wat ‘n rit om die strand insluit. Die totale tyd van die uitstappie is 2 ure. Die perde is wonderlik, maar dit is nie iets wat ons maklik weer sal doen nie. Na ‘n uur en twintig minute was ons seer en al waaraan ons kon dink was om af te kom van die perde af. Jou boude en bene SAL seer wees. Jy raak ook lam in al die verkeerde plekke. Die feit dat ek nie daarvan gehou het nie, beteken natuurlik nie dat jy nie daarvan sal hou nie.
Ons het daarna teruggekeur na die gastehuis toe waar ons ‘n bietjie televisie gekyk het en toe ‘n lekker bad gehad het in die pragtigge viktoriaanse styl bad. Die gastehuis voorsien die ekstras soos handoeke ne stort seep. Ek het ook ‘n paar kerse en borrelbad seep ingepak vir daardie ekstra gevoel van bederf. Ek sou aanbeveel dat jy wel jou eie handdoeke saam neem, hulle handdoeke was net so ‘n bietjie te klein vir my smaak en ek hou ook maar net daarvan om my eie handdoeke te gebruik. Ons het die voordeel gehad om in die kamer van ons keuse te slaap en om die badkamer in die ander kamer te gebruik aangesien ons die enigste mense in die huis was.
Die bed was FANTASTIES, ek het lanklaas so gemaklik geslaap, die kussings was styf en die beddegoed was lekker sag en skoon. Die bed het selfs ‘n muskiet net gehad wat ‘n mens kon gebruik het, ek het net gedink dat dit baie romanties lyk. Daar was ook ‘n alarm radio, ‘n waaier en ‘n verwarmer waarvan ons kon gebruik gemaak het.
Die volgende oggend het ons wakker geword met die klanke en reuk van varkspek wat braai. YUM! ‘n Dame met die naam Rosie het ingekom om vir ons ontbyd te maak. Ons is daarna op die balkom bedien. Ons het begin met filter koffie en sap, muesli, jogurt, Weetbix en graanflokkies gevolg deur roosterbrood met konfeit, spek en eiers. Rosie sal vir jou vra hoe jy van die eiers hou en die gasvrou Ursula sal die dag voor die vir jou vra of jy met met ontbeid bedien wil word. Ons het lekkert met Rosie gesels voor ons uitgeteken het, sy was baie hulpvaardig met waarheen ons kan gaan om wat te doen in Simon’s Town
Daar is baie wat ‘n mens kan doen in en om Simon’s Town. Ek het vir “Boulder Beach” baie geniet, dit is waar die pikkewyne woon. Ons was ook na die museum toe, maar ek moet eerlik wees, ek het dit ‘n bietjie vervelig gevind, as jy van daardie tipe ding hou mag jy dit dalk interresant vind. Ek het gehou van die gedeelte van die mnuseum met die naam “Able Seamen Just Nuisance”, ‘n great Dane wat ofisieel deel van die vloot was.
Ek het ook ‘n “tuisgemaakte Italiaanse roomys” gehad by ‘n winkeltjie met die naam “Ice Stop” wat naby aan die mideel van die dorp geleë was. Dit was baie lekker en ek kon nie help om ‘n bordjie te sien wat sê “Will Young was here” nie
)
Ons het ook na die hawe toe gegaan waar daar boot ritte beskikbaar was vir R40pp vir ‘n hawe toer en R250pp vir ;n rit na Rob Eiland. Ek sou daarvan gehou het om na Rob Eiland toe te gaan, maar die finansies was ‘n bietjie knap na die perdritte die vorige dag. Ek sal beslik terug wees vir daardie rit op die boot.
Ek sou dit aanbeveel dat almal dit ten minste een keer doen. Die gastehuis wat wonderlik en ek beveel dit beslis aan!
Jy kan Die Grosvenor Gastehuis se webwerf besoek by:
http://www.thegrosvenor.co.za/
Geskryf deur: Heather