Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Afrikaans

Klassieke Foto’s Vasgevang in LEGO


Gerhard - Algemene Geselskap, Interessanthede

AfrikaansToe ek hierdie skakel vandag sien toe dink ek vir myself dat daar geen manier is wat ek dit nie op Kuier.co.za gaan sit nie!

Wat die ouens en meisies by kox.sk gedoen het was om die klassieke foto’s wat ons ken en.. um ja ken (ek kan nie sê “en lief het” nie, daar is ‘n paar aaklige oomblike tussen in) te neem en te heskep met LEGO blokkies en mannetjies.

Ek van dink dit is nogal ‘n oorpronklike idee en amper kuns :)

http://www.kox.sk/?p=702

Afrikaans

Pragtige Foto’s van Bankrot Kantore


Gerhard - Interessanthede

AfrikaansDie fotograaf Phillip Toledano’s neem foto’s van kantore van maatskappye wat onlang bankrot verklaar was.

Wat hierdie foto’s interessant maak is die rede hoekom Phillip besluit het om dit te doen. Volgens hom, is dit ‘n argeologiese eksperiment.

Persoonlik vind ek die foto’s amper spookagtig om dieselfde manier as wat ek die stad gevind het in “I am Legend” (voordat die plastiek monsters uitgespring het en die film heeltemal simpel geraak het).

http://mrtoledano.com/frame_bankrupt.php

Afrikaans

Goeie Diens


Gerhard - Algemene Geselskap, Notas

AfrikaansEk is nie normaalweg die tipe persoon wat iets te sê het oor goeie of slegte diens nie, maar na die diens wat ek gister gekry het voel ek dat krediet gegee word aan die mense by die Vodacom4u winkel waar ek gister gegaan het om my selfoon kontrak te opgradeer.

Dit was ‘n normale opgradering, behalwe dat die foon wat ek wou hê nie saam met my kontrak gekom het nie en ek ekstra moet bybetaal het. (Geen probleme hiermee nie, ek het voor die tyd al hiervan geweet en het verwag dat ek eers my nuwe selfoon in ‘n paar dae sal kan kry).

So hier is wat gebeur het… (en die hele proses het nie langer as 10 minute geneem nie)

Ek het ingestap, gesê ek wil opgradeer, die konsultant het my nommer en my ID dokument gevra, al sy papierwerk gedoen en my selfoon vir my gaan uithaal.

10 Minute later het ek my selfoon gahad en my nuwe kontrak.

Dankie vir uitstekende diens Vodacom :)

Afrikaans

Vragmotors Wat Hul Vrag Verloor


Gerhard - Algemene Geselskap, Interessanthede, Motors

AfrikaansEk weet daar word gesê dat een persoon se verlies vir ‘n ander persoon ‘n aanwins kan wees. Persoonlik weet ek nie of ek daarmee saam stem nie, maar wat ek wel weet is dat in die geval van vandag se webwerf gee dit ten minste vir ons interresante foto’s om na te kyk.

Die webwerf waarna ons vandag kyk se naam is “Truck Spills” en wat dit basies is, is ‘n versameling van foto’s van vragmotors wat hulle vrag op een of ander manier verloor het.

As jy, soos ek, nog altyd wou gesien het hoe ‘n pad vol aartappel skyfies sou lyk, is hierdie net die webwerf vir jou ;)

http://www.truckspills.com/

vragmotor, vrag, verloor, pad

Afrikaans

Kleurvolle Vertoning deur Philip de Villiers in die Paarl


Gerhard - Afrikaans, Musiek, Nuusagtig

AfrikaansPhilip de Villiers Lewer Kleurvolle Vertoning by die Ou Meulteater in die Paarl

Op Saterdagaand 8 Maart tree die bekroonde sanger en liedjieskrywer Philip de Villiers vir die eerste keer op in Paarl by die Ou Meul Teater. Sy RSG-treffers Ek hoor jou, Jy´s nie rêrig weg nie en Frail is na twee jaar steeds gunstelinge op talle radiostasies landswyd. Hy is ´n bekende gesig op TV met sy aangrypende musiekvideo´s wat daagliks gespeel word en het ook al verskyn op DKNT, Kwêla en Jip.

As jy hou van Amanda Strydom, Johannes Kerkorrel of Laurika Rauch, sal Philip se musiek vinnig onder jou vel inkruip. Sy lirieke is weldeurdag, en alhoewel daar enorme diepte is in sy werk, neem hy homself nie tè ernstig op nie. Sy vertoning loop oor van humor, met skreesnaakse sketse uit sy kindertyd. Hy beloof ook om ´n paar goue oues ‘n nuwe baadjie te gee, en onontginde volksbesit soos “Hier staan ek met my boude onder die berg” aan gehore bekend te stel.

Hy word ondersteun deur Philip Samuel op ´n verskeidenheid van kitare. Die liedjies word verder ingekleur met klavier en trekklavier, wat De Villiers self bespeel.

Die vertoning begin om 20h00 en kaartjies kos R50. Vir besprekings, skakel Vicky Stemmet by die Ou Meul Teater op 083 564 0056 of e-pos vstemmet@gmail.com

afrikaans, musiek, philip de villiers, vermaak

Afrikaans

Tyd vir Cloverfield


Gerhard - Algemene Geselskap, Interessanthede, Lekkertes

AfrikaansDit is nie elke dag wat ek uit ‘n fliek stap en vir dink dat ek werklik ‘n meesterstuk gesien het nie. Dit was wel die gevoel wat ek gisteraand gehad het toe ek uit die teater gestap het nadat ek vir “Cloverfield” gekyk het. Ek het omtrent na die eerste vuf minute vir myself gedink.. “wow! ek kannie glo wat ek sien nie”

In my opinie is dit een van die beste films van ons tyd, die manier waarop dit geskiet is, is nie so nuut nie (dit was natuurlik voorheen in die “Blair Witch Project” gedoen), maar die manier hoe dit aan mekaar gesit is (met spesiale effekte en al) is net uitstekend.

JJ Abrahams het homself werklik oortref met die een. Hy was ook die brein agter “Lost” en “Alias”. So dit behoort ‘n idee te gee wat om te verwag.

Ek is jammer as ek baie oppervlakkig praat oor die fliek, maar ek wil nie enige iets weggee vir diegene wat dit nognie gesien het nie. ;)

Ek gee dit 9 uit 10!

cloverfield, fliek, uitstekend, lost

Afrikaans

Die Heuwels Fantasties


Gerhard - Afrikaans, Musiek

Afrikaans“Dit verteenwoordig meer as net ‘n naam… dit is amper soos ‘n mitiese plek.”

Hunter Kennedy en Pierre Greef het hul eerste liedjie saam geskryf toe hulle 15 en 16 jaar oud was. Op daardie stadium was Hunder in ‘n groep met die naam “New World Inside” met Francois Van Coke (Van Coke Kartel) en Pierre was in die groep “Time Spent” met Wynand Myburgh (Van Coke Kartel) en Laudo Liebenberg (a King).

Meer onlangs was Hunter in Fokofpolisiekar en Pierre in Lukraaketaar. Toe beide groep laas jaar ‘n blaaskans neem het hulle weer saam begin uithang in Bellville, die groepering was onafwentbaar.

So, hier is hulle: Die Heuwels Fantasties. En hulle doen dit elektronies… met ‘n klein bietjie hulp van ‘n kitaar. “Ons wou weg beweeg van die tipe musiek wat ons voorheen gemaak het, wat meestal gebaseer was op kitare”. Johnny de Ridder (Fokofpolisiekar) is in beheer van die produksie.

Die eerste snit “Oorlewing 101″ kan nou gratis afgelaai word by:
http://www.myspace.com/dieheuwelsfantasties

Die Heuwels Fantasties se self getitelde album kan in March 2008 op die rakke verwag word.

Die Heuwels Fantasties, Oorlewing 101, fokofpolisiekar

Afrikaans

13 Tydsones… Nuwejaarsfees op Uitsaaines!


Gerhard - Afrikaans, Leser Bydraes, Tegnologie

AfrikaansAfrikaans sprekendes van regoor die wereld gaan hulle oujaar uittel op die baie gewilde Afrikaanse Internet Radiostasie, Uitsaaines Live!

Die bestuurder van hierdie radio stasie, Raymond Greenberg, sê dat hulle omroepers wat uit verskillende wêrelddele uitsaai, gereed staan om elke tydsone se luisteraars te akkommodeer deur lewendig hulle aftelling na nuwejaar uit te saai. Dit kom basies daarop neer dat luisteraars, soos wat hulle nuwejaar aanbreek in hulle tydsone, na die ateljee kan deurbel en lewendig op die lug hulle aanbreek van die nuwejaar af te tel en te vier. Luisteraars in 13 Tydsones het reeds aangedui dat hulle beslis gaan deelneem aan hierdie wonderlike geleentheid om hulle nuwejaar te deel met ander luisteraars waar nuwejaar nog moet aanbreek, of waar nuwejaar reeds aangebreek het.

Die 13 Tydsones huidiglik van toepassing in die volgorde waarop nuwejaar vir elk gaan aanbreek is as volg:

1. New Zealand
2. Oos Australie
3. Wes Australie en Japan
4. Taiwan
5. United Arab Emirates
6. Saudi Arabia
7. Portugal, Engeland, Ierland
8. Duitsland, Griekeland, Belgie, Nederland, Spanje, Frankryk
9. Suid Afrika
10. V.S.A Ooskus gebiede
11. V.S.A Oostelike Sentrale gebiede
12. V.S.A Westelike Sentrale Gebiede
13. V.S.A Weskus en Kanada.

Raymond se dat hierdie inisiatief ontstaan het in Japan met Jaques van Rooyen wat tans daar diens doen as ´n omroeper. Hierdie inisiatief word beskou as ´n eerste ter wereld wat radio uitsending betref, want nog nooit voorheen is dit op enige radiostasie vermag om ´n aanbreek van nuwejaar lewendig vanuit soveel verskillende plekke uit te saai nie. Effektief beteken dit dat nuwejaar op Uitsaaines Live, omtrent 24 uur lank, amper elke uur of twee gaan aanbreek. Die moontlikheid bestaan ook dat die 13 Tydsones dalk nog kan vermeerder soos wat luisteraars besluit om deel te neem, aangesien Uitsaaines luisteraars het wat getrou inskakel, vanuit alle denkbare wêrelddele. Afrikaans, as taal, was nog nooit voorheen so goed verteenwoordig oral ter wereld, met soveel luisteraars wat op een plek, elke dag bymekaarkom, om na Uitsaaines Live te luister nie.

Belangstellendes wat wil inskakel om na hierdie gewilde Afrikaanse internet radiostasie te luister, kan gerus ´n draai gaan maak by www.uitsaaines.co.za. Dit is ´n gratis diens, wat vrywillig onderhou word deur die bestuur en omroepers daarvan.

Afrikaans

Kuier Nuus


Gerhard - Afrikaans, Notas

AfrikaansGoeie Naand

Ek het nou gedink dat ek eers dalk moet verduidelik hoekom dinge so stadig beweeg hier by Kuier.co.za.

Behalwe vir die feit dat dit verskriklik besig is by die werk is hierdie tyd van die jaar en ek eenvoudig pootuit is wanner ek klaar gewerk is in die aande is ek ook besig met nuwe Kuier.co.za beplanning.

Ek en Neels is besig om te kyk na ‘n oplossing wat van Kuier.co.za ‘n regte kuier plek sal maak. Onder andere vereis dit ‘n nuwe stelsel agter die gordyne, so ons is nou op die punt waar ons navorsing doen om seker te maak dat die stelsel waarop ons besluit vir ‘n hele paar jaar sal kan werk, sonder dat ons weer op hierdie punt gaan kom.

Die idee is om ‘n Kuier.co.za te skep waar julle almal met mekaar kan gesels. Waar stories en foto’s kan uitgeruil word en dalk ook nuwe vriende in die proses gemaak kan word.

Ek sal probeer om julle op hoogte te hou van nuwe verwikkelinge :)

Groete
Gerhard

Afrikaans

Afrikaanse staan-komedie


Neels - Afrikaans, Algemene Geselskap

AfrikaansOns het die volgende versoek van ‘n leser, Brent, ontvang:

Hi Gerhard

Ek sien julle praat oor die Afrikaanse musiek industrie, maar onlangs het ‘n nuwe kategorie in die afrikannse vermaak industrie begin, en dit is die Afrikaanse Standup.

Alhoewel dit nie heeltemal nuut is nie, (Daar is een of 2 afrikaanse komediante wat naam gemaak het soos bv Casper de Vries, Lindie Stander ens) is dit nog nie naby sy potensiaal nie. Onlangs het komediante in johannesburg begin om Afrikaanse Standup te bemark. Die komediante bestaan uit ouens soos Melt Sieberhagen (onlangs te sien in Poena is Koning), Hannes Brummer (onlangs te sien op Kompleks), Garth Collins (een van SA se Gladiators), Joey Rashdien (Spekskieters faam), Pierre Breytenbach (Spekskieters faam) ens. Hierdie ouens is besig om die pad oop te maak vir toekomstige afrikaanse komediante.

Ek is besig om dieselfde te organiseer vir die Kaap. Ek wil oudisies hou vir toekomstige komediante, werks winkels, kanse gee vir hulle om op te tree, kompetisies hou ens. Maar om hierdie projek te begin het ons publisiteit nodig. Wil julle ouens nie praat oor Afrikaanse Standup nie? Julle kan praat oor toekomstige shows, oudisies, miskien onderhoude hou met die komediante ens?

Laat weet as julle belang stel om deel te wees van die projek.

Vriendelike Groete

Brent

Ek het op die volgende webwerf afgekom wat juis die tipe Afrikaanse komedie probeer bevorder:

http://www.afrikaanstand-up.co.za/

Terloops, vir die wat wonder… ek het die spesifieke prentjie gekies omdat dit baie snaaks gelyk het en nie omdat ek van blou bulle hou nie (nee, ek ondersteun my eie span hier in die Kaap!)

Afrikaans, staan-komedie, kunstenaars, komediante



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans