Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Wie Skryf Hier?

GerhardSo, laat ek vir julle vertel wie ek is en hoekom ek vir Kuier.co.za begin het.

Soos wat julle sekerlik teen die tyd weet, my naam is Gerhard, ek is 27 jaar oud en ek woon nog my hele lewe in Kaapstad.

Ek werk as ‘n “Web Designer” hier in Seepunt by ‘n baie bekende Webwerf ontwerp en ontwikkeling maatskappy.

Ek het besluit om vir kuier.co.za te begin omdat ek die heeldag op die internet is en baie web werwe sien waarvan ek hou en graag wou deel.

Kuier.co.za het net vir my daardie platform gegee…

Groete
Gerhard

 

NeelsLaat ek myself gou aan julle voorstel: My naam is Neels en ek is ‘n rekenaar tegnikus van beroep, wat tans by ‘n groterige instansie op Stellenbosch werk (ek voel nou amper soos een van daardie mense op Noot vir Noot, wanneer Johan Stemmet vir hulle vra “…en vertel vir ons so ‘n bietjie van jouself…”!).

Wat kan ek julle nog vertel… Ek het ‘n groot belangstelling in flieks en doen ook ‘n bietjie fotografie in my vrye tyd.

Ek en Gerhard ken mekaar al vir baie jare, so daarom het ek ook besluit om op die Kuier trein te klim.

Ek hoop on sal ‘n goeie reis saam hê ;)

Groete
Neels

 

NS. Indien jy voel dat jy ‘n aanbeveling wil maak of net algemene kommentaar oor die webwerf wil gee, is jy welkom om hier te klik om vir ons ‘n e-pos te stuur.



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans