Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Zinkplaat

Wie is Zinkplaat?
Zinkplaat Biografie verkry vanaf hul webwerf

http://www.zinkplaat.com

Afrikaanse Musiek

“Ek weet nie hoe dit by my beland het om die biography te skryf nie, want ek kan nie eintelik baie onthou van die afgelope klomp jaar nie, maar hier is dit in elk geval.Ek was in Paul Roos op skool en het in die koshuis gebly. Daar was hierdie ou met die naam Bertie wat ´n jaar ouer as ek was en ek het geweet hy kom van Prieska af. Hy was gaaf en so, maar ons het nie eintelik baie gepraat nie. Ek sit toe een aan in ´n kamer met ´n klomp ouens, en toe kom hy daar in met ´n kitaar en speel ´n paar songs. Ek was nogal geintreseerd want ek was daai tyd in ´n punk band, en wou hoor hoe sy songs sou klink. Hy begin toe daar met een van die mooiste songs wat ek al ooit gehoor het. Dit het gegaan oor ´n meisie in die karoo of iemand se oë wat bruin is of so iets. Dit het omtrent trane na my oë toe gebring. Ek was nie ´n kenner van die Karoo nie, en ek sou ook nie sê ek het al ooit gedink om daar te gaan vakansie hou nie, maar na daai song wou ek net my goed oppak en een of ander meisie in die karoo gaan trou. Van toe af het ek altyd met hom gejoke, en gesê ek en my kamermaat sou sy travelling band wees as hy ooit so iets nodig gehad het. Bertie het net gelag – ek dink toe hy in matriek was het met ´n ander ou gejam. Die ou was ´n kitaar speler en was vriende met al die mal en onstabiele kinders in die skool, en sy naam was Basson. Bertie en Basson het ´n paar keer saam gejam, en meestal Bertie se songs gespeel. Bertie, die pragmatiese ou wat hy is, reel toe ´n songwriters kokmpetisie by die skool, waarin hy toe ook self inskryf. Bertie en Basson het altwee apart ingeskryf, maar Basson se partner kon toe nie dit daai aand maak nie, en toe wen Bertie. Natuurlik het hy gereel dat die wenner daai aand ´n record contract by Sunset Studios kry vir twee songs. Bertie weet hoe om goed te wax! Met die kontrak toe onder sy arm kammadeur hy en Basson toe twee van sy eie nommertjies by die legendariese Jurgen von Wechmar. Hulle bring toe die cd uit as ´n single, onder die naam Zinkplaat, en verkoop dit toe onder hulle vriende. Die cd het egter deur die koshuis gesirkuleer en almal was impressed daarmee. Hulle twee het toe by plekke opgetree met net twee guitars, ´n bekfluitjie en Bertie se stem. Hulle is toe eventually uit die skool uit en ek het maar van hulle vergeet, behalwe dat my ma in matriek wou gehad het ek moes vir Bertie reel vir ´n date vir een van my vriendinne – sy het altyd gedink hy is so ´n wonderlikke ou. Eendag het Bertie by die koshuis opgedag en vir ´n klomp ouens gesê dat hy my soek. Toe ek eventually met hom praat het hy gesê hy soek ´n drummer om saam met hulle tejam want hulle het ´n gig gekry by 2003 wingerdstok. Natuurlik was ek so excited soos ´n baba hondjie wat nounet op sy eienaar se nuwe angora bokhaar mat gepiepie het. Ons skeduleer toe ´n jam session, maar voor dit kons plaasvind, laat hy my weet hy het klaar ´n ander drummer en bassist gekry. Ek is toe gatvol, maar besluit dit is beter dan kan ek meer op my punk band fokus. Kort daarna bel Bertie my weer en sê hy wil hê ek moet saam met hulle jam, want hulle het met die cd ´n gig by KKNK gereel. Ek spring toe op hierdie tweede kans en gaan toe na sy flat toe om te audition. Toe ek daat kom het hy ook sommer ´n bassist gereel. Die ou wasmoerse stil en het nie baie amped gelyk om te speel nie. Die jam session was baie lekker en die bassist was nogal moerse goed. Bertie (Basson was nie daar nie) het vir ons nog van sy eie songs geleer, totdat die buurvrou daar ingebars het en gedryg het om die polisie tebel. Wat ek nie geweet het nie, is dat Bertie al vir Basson en hierdie bassist klaar laat audition het, en hulle was in. Kort daarna moes ek vir ons die skool se sleutels kry sodat ons kon oefen vir die KKNK. Die jam session was nogal baie lekker en almal was daar, selfs ´n bergie wat daar ingestrompel het en toe weg is met bertie se trui. In daai jam session het ons almal self musiek bygesit by Bertie se songs: Alles is ok, Karoo Poison, Allie goeie goete, Jan Papier ens. En Basson se Winternag. Bertie het on eerste gig gereel by Tollies sodat ons kon oefen vir die KKNK. Die eerste gig vind toe plaas met twee klein speakers vir vocals en boks guitar, en Basson se reuse Marshal stack vir die electric. Dit was…. GEES!”



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans