Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Afrikaans

Man sterf na selfoon ontplof


Gerhard - Interessanthede, Tegnologie

Afrikaans‘n Man in China het gesterf nadat sy selfoon ontplof het. Die “ontploffing” het naby ‘n groot aar in sy nek plaasgevind en hy het basies dood gebloei voordat hy gehelp kon word.

Hy was blykbaar ‘n werknemer in ‘n rekenaar winkel in Guangzhou, China. Die selfoon het ontplof kort nadat hy ‘n nuwe battery in die selfoon gesit het. Die battery het ook blykbaar net net klaar gelaai en hy was besig om die selfoon in dy dak te sit.

Ander werknemers het gesê dat hulle net ‘n harde slag gehoor het en toe hulle gaan kyk wat aangaan het hulle die jong man op die grond gevind.

Die plaaslike regering (soos wat dit mos maar werk in China) het gesê dat die tipe battery baie onstabiel raak as dit aan hitte blootgestel word en ook as dit te lank op laai gelos word.

Dit maak mens ‘n bietjie skirikkerig om die selfoon te gebruik!

http://technology.timesonline.co.uk/tol/news…

sterf, selfoon, ontplof, china

Afrikaans

Deurskynende Toerusting


Gerhard - Interessanthede, Probleemoplossing, Tegnologie

AfrikaansEk is een van daardie mense wat mal is daaroor om die binnekant van gebou so eenvoudig as moontlik te hou.

Baie spasie, baie wit en baie baie eenvoudige ontwerpe… Ek besef ook dat almal nie dieselfde hieroor voel nie, maar vir my gaan dit oor die gevoel van vryheid wat ‘n eenvoudige omgewing vir jou kan verskaf.

Dit was terwyl ek rond gesoek het op die Internet na interessante ontwerp idees wat ek op die volgende blad vol deurskynende toerusting afgekom het.

Ek is mal hieroor.. veral die wasmasjien!

http://www.toxel.com/tech/2009/01/12/transparent…

deurskynend, toerusting, ontwerp, eenvoudig

Afrikaans

Teetyd Pret #38


Gerhard - Lekkertes

AfrikaansCopter Crash is ‘n lekker manier om deur jou tee tyd te kom vandag. Wat dit so lekker maak is die feit dat dit so eenvoudig is om te speel.

Jy speel met jou muis. As jy die muis se knoppie in hou styg die helikopter en as jy die knoppie los val hy.. Die helikopter beweeg ook die heeltyd vorentoe… ;)

So die punt van die speletjie is om so ver as moontlik te kom sonder om in iets vas te vlieg.

Die verste wat ek kon kom was 912. Skryf gerus onder menings hoe ver jy kon kom!

http://www.frigginrandom.com/games/copter-crash/

teetyd, pret, speletjie, copter

Afrikaans

Nomfusi tree op by Spier Harvest Festival Legends


Gerhard - Afrikaans, Musiek

AfrikaansNomfusi, die 23-jarige Afro-soul vonds van Khayelitsha, is een van vyf kunstenaars wat genooi is om op te tree by die Spier Harvest Festival Legends wat plaasvind by die Spier Amfiteater Vrydagaand 21 Februarie. Die ander vier kunstenaars is almal bekendes in die musiekwêreld: die koningin van afro-jazz Judith Sephuma, die vonkelende sopraan Zanne Stapelberg, jazz diva Melanie Scholtz en veteraan-rocker Koos Kombuis.

Elke kunstenaar sal twee nuut-georkestreerde nommers uitvoer met ‘n 40-stuk orkes, wat sal eindig met ´n groep-finale. Nomfusi gaan Uthando (”liefde” in Xhosa) sing, ‘n roerende ballade wat sy op 12-jarige ouderdom geskryf het vir haar oorlede ma, Kwazibani, wat tàè dood is aan VIGS. “Die verlies van my ma het my begrip gegee van wat liefde is en die tipe liefde wat ons by haar geleer het, en vir my was dit om myself so lief te hê dat geen situasie my kon vernietig nie, selfs nie haar dood nie.” Sy sal dit volg met ‘n opgewekte Miram Makeba-keurspel, waarmee sy hulde wil bring aan diè groot legende. Nomfusi sal ´n skepping dra van die ontwerpers Kluk CGDT, wie se ontwerpe al supersterre soos Charlize Theron en Beyoncè Knowles geklee het. Vir besprekings, skakel Computicket by 083 915 8000 of besoek www.computicket.co.za.

Vir meer inligting oor Nomfusi, besoek www.nomfusi.com.

Afrikaans

Nuwe Jaar, Groot Nuus!


Gerhard - Afrikaans, Notas, Nuusagtig

Afrikaans

Laat ek eers begin deur vir al die lesers van Kuier.co.za ‘n voorspoedige 2009 toe te wens. 2008 was ‘n interessante jaar met heeltemal te veel wat gebeur het en ons kan net hoop dat 2009 nog beter gaan wees.

Met die nuwe jaar het ook gereken dat dit hoog tyd is dat ons die nuwe afdeling op Kuier.co.za kan bekend stel. So hier is hy…

my.Kuier.co.za

Op my.Kuier.co.za sal jy die volgende kan doen:

- Jy kan jou eie Afrikaanse artikels skryf.
- Jy kan ander besoekers se artikels lees
- Jy kan ook direk met ander besoekers gesels op die forum
- Jy kan selfs ‘n profiel skep met jou foto

(Daar is ook nog planne vir meer funksionaliteit vir die toekoms)

En die beste gedeelte hiervan is dat dit heeltemal GRATIS is!

Teken nou aan!

Afrikaans

Asemrowende Foto’s uit China


Gerhard - Interessanthede, Sport

AfrikaansYep dit is alweer daardie tyd. Die Olimpiese Spele is hier en China het vir ons ‘n asemrowended verwelkoming gereel!

Daar was baie negatiewe dinge gesê oor China in die media die afgelope paar maande, maar hierdie mense weet hoe om dinge te laat gebeur en daar voor moet ons ons hoed vir hulle afhaal. (in my opinie).

Vandag se webwerf het ‘n hele paar foto’s van die openings seremonie op :D

http://www.boston.com/bigpicture/2008/08/2008…

china, olimpiese, spele, sport

Afrikaans

Lirieke sonder brieke


Gerhard - Afrikaans, Musiek

AfrikaansDie Vivacious Voice ´Lirieke sonder brieke´ Nasionale Liriekskryfkompetisie is sopas geloods. Die kompetisie, met pryse van R33 000 op die spel, stel ten doel om die standaard van lirieke in Suid-Afrika te verbeter. Die wenner sal in September reis na Kaapstad om deel te neem aan ´n demo-opname-projek met vervaardiger Camillo Lombard (musiekregisseur van Liriekeraai op kykNET), wat oorsien sal word deur Universal Music Publishing Suid-Afrika. Die eerste prys, met ´n gesamentlike waarde van R25 000, sluit ook in drie nagte se luukse-hotelverblyf in die Moederstad, ´n fotosessie met ´n topfotograaf, musiektoerusting, ´n liedjie-slypskool, ´n sangkursus, musiekliteratuur en omvattende publisiteit in die Suid-Afrikaanse media.

Camillo Lombard vorm ook deel van die beoordelaarspaneel, wat ander groot rolspelers in die musiekbedryf insluit: Kobus Burger (gesoute musiekjoernalis by Beeld) beoordeel die Afrikaanse afdeling, Lee Kasumba (YFM en Channel O-aanbieder) beoordeel die hip hop en R & B-afdelings, Tshepo Mosese (SAMA-genomineerde Kwaito-ster en akteur, bekend vir sy rolle in sepies soos Backstage en Generations) beoordeel inskrywings in SeTswana en Sotho, Gcobani (SAMA-bekroonde Afropop-ster) beoordeel inskrywings in Xhosa en Zulu, John Fishlock (besturende direkteur van Universal Music Publishing Suid-Afrika) beoordeel lirieke vir kommersiële vatbaarheid, en Ryan Hill (kopiereg-bestuurder by Universal Music Publishing South Africa) fynkam inskrywings vir oorspronklikheid.

Die stigter van die kompetisie, liedjieskrywer en musiek-enterpreneur Philip de Villiers, sê “liriekskrywers moet leer om hulle verbeelding te gebruik. Internasionale skrywers soos Bob Dylan en Tim Rice weet hoe om goeie metafore te skryf en hulle rymwoordeboeke te gebruik.” De Villiers benadruk ook egter dat daar ´n verskil is tussen lirieke en poësie: “Poësie kan baie ingewikkeld en kripties raak, terwyl kommersieel-vatbare lirieke meer na ´n doodgewone gesprek moet klink.”

Vivacious Voice het ook die “Maak lawaai!” kompetisie aangebied in 2007. Dit het R10 000 prysgeld uitbetaal aan die Kaapse jazz-sangeres, Emily Bruce. Sy het die prysgeld gebruik om vir twee weke te reis deur Engeland, waar sy in Londen en Birmingham opgetree het.

Die kompetisie verwelkom inskrywings in enige genre of styl, mits dit geskryf is in een of ´n kombinasie van die elf amptelike landstale. Die inskrywinsfooi is R100, en die sluitingsdatum is op Vrydag 28 Augustus 2008. Vir ´n inskrywingsvorm, besoek www.songnursery.com of e-pos info@songnursery.com of sms jou e-pos adres na 0826211305.

Afrikaans

BEK-REK Live!


Gerhard - Afrikaans, Nuusagtig

AfrikaansBerei jouself voor vir ‘n Komediebredie met ons vars-uit-die-oond Afrikaanse Standup Komediante. Hulle gaan gek skeer, gehore laat skater en trane sal loop van die lag!

Bek Rek! bied ´n kans om ons mees prominente en opkomende grapjasse in skreeusnaakse vertonings te sien!

Met:

Brent Niemandt – Gasheer vir die aand, Met sy onnutsige verbeelding, groot mond en “tipiese kêrel” persoonlikheid, kry hy aanhangers staande met toejuiging, by elke opvoering.

Jaak Erasmus – ‘n Prontuit, reguit komediant wat dinge se soos dit is!

Regardt Laubscher – Komiese Kulkunstenaar wat jou sal betower met sy oorspronlikheid!

Dugald Pieterse – Wenner van die SBA/SON Kaapse Jokes Kompetisie. By elke opvoering het sy stories van alledaagse lewe in Bredaarsdorp verseker day hy ´n gunsteling by die gehoor is.

Kaartjies is maar net R30!

LET WEL: VOLWASSE VERMAAK!!!

http://www.facebook.com/group.php?gid=34163166968

Afrikaans

Rian Swanepoel se Debuutalbum Verras!


Gerhard - Afrikaans, Musiek

AfrikaansRian Swanepoel (Top 10 Idols finalis in 2002) se debuutalbum, “Verf die classics rooi!”, is pas uitgereik en val die klem op die hoë kwaliteit produksie en ´n versameling van die mooiste liedjies wat ooit geskryf is. Die album bevat ‘n groot verskeidenheid klassieke-pop-treffers, onder andere “La fiamma sacra”, “Because we believe” (duet met Kevin Leo), “Nella fantasia”, wat uitstekend vertolk word deur Rian en die tenoor, Werner Brooks, “All I ask of you”, (duet met Sibongile Mngoma), “First of May” (duet met Rina Hugo), en “Barcelona” waarmee Rian en Kevin Leo die album op ‘n hoogtepunt afsluit.

Die album bevat ook pragballades, midtempo treffers en ‘n paar ritmeplukkers. Rian se vokaliteit word tot die uiterste getoets met ‘n splinternuwe verwerking van “You raise me up” en is dit hoendervelmooi. Tussen die luistergoed hierop is die snitte “I believe in you”, ‘n duet met Veronique Lalouette en die Gà? Korsten-treffers, “Lieflike droom” en “Lied van die lewe”. Die liedjie “Rooi” is ‘n verrassing op die album en bevat die lied vier verskillende musiekstyle en is dit ‘n kragtige liedjie waarmee die album begin.

Rian se veelsydigheid as kunstenaar en talentvolle musikant word op hierdie pragalbum beklemtoon. Dis passievolle luistermusiek!

Vir verdere navrae oor hierdie album en konsertbesprekings, kontak Carien Marais by 082 480 4866 of e-pos: lambisproductions@wbs.co.za. Besoek ook Rian Swanepoel se webwerf: www.rianswanepoel.co.za

Afrikaans

Philip de Villiers in Pretoria!


Gerhard - Afrikaans, Musiek

AfrikaansPhilip de Villiers doen ‘n optrede by die Huis vir Afrikaanse Poësie in Capital Park, Pretoria, volgende Saterdagaand 21 Junie om 19h00 en het jou ondersteuning nodig! Elrine Spies sal hom ondersteun met ‘n voorprogram, so kom sien sommer die bekwame diva-liedjieskrywer ook in aksie!

‘n Mengsel van pop, rock, jazz en selfs ‘n bietjie boeremusiek! Bekroonde Kaapse liedjieskrywer Philip de Villiers sing meestal oorspronklike werk, en begelei homself op klavier en trekklavier. Tussenin vertel hy skreeusnaakse stories van sy kindertyd. Met Graem Sacks op kitaar.

Bespreek by 0768429212 of info@hap.co.za. Gaste is welkom om hulle eie alkoholiese drinkgoed te bring.



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans